Republikeinse Party (Verenigde State)

Republikeinse Party
Republican Party
Republicans
Logo van die betrokke party.
Leier Ronna McDaniel
Gestig 20 Maart 1854
Voorafgegaan deur Whig Party
Free Soil Party
Hoofkwartier 310 First Street SE, Washington, D.C. 20003
Studentevleuel College Republicans
Jeugvleuel Young Republicans
Teen Age Republicans
Ideologie Konserwatisme[1]
Ekonomiese liberalisme[2]
Fiskale konserwatisme[3]
Sosiale konserwatisme[4]
Internasionale affiliasie International Democrat Union
Amptelike kleure      Rooi
Webblad gop.com

Die Republikeinse Party (Engels: Republican Party), of kort Republikeine (Republicans), ook Grand Old Party (Engels vir: "Groot Ou Party; GOP) genoem, is een van die twee hedendaagse groot politieke partye in die Verenigde State, saam met die Demokratiese Party. Die party is op 20 Maart 1854 deur anti-slawerny-aktiviste, moderniste en voormalige lede van beide die Whig Party en die Free Soil Party gestig. Die Republikeinse Party het vir die grootste deel van die tydperk tussen 1860 en 1932 die nasionale politiek en in die meerderheid van die noordelike state gedomineer. Hul nieamptelike kleur is rooi en hul nieamptelike wapendier is die olifant. Met 'n geskatte ledetal van 30,7 miljoen in 2012 is die Republikeinse Party naas die Demokratiese Party die tweede grootste party van die Verenigde State.[5]

  1. (en) Paul Gottfried (2009). Conservatism in America: Making Sense of the American Right. p. 9.
  2. (en) "Laissez-faire capitalism and economic liberalism". Jstor.com. Besoek op 12 April 2016.
  3. (en) Quinn, Justin. "Fiscal Conservatism". about news. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2017. Besoek op 12 April 2016.
  4. (en) "No Country for Old Social Conservatives?". Thecrimson.com. 5 Februarie 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Mei 2020. Besoek op 12 April 2016.
  5. (en) Samuel Kernell, Gary C. Jacobson, and Thad Kousser. "Background of Political Parties in the United States". ProCon.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 April 2020. Besoek op 12 April 2016.{{cite web}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search